|
Lumina Lofdansgroep
Op 18 November 2003 het ń groepie dames by NG Sunwardpark bymekaar gekom.
By hierdie vergadering is besluit:
- Om ń Lofdansbediening te begin en te vestig.
- Om God op hierdie besondere wyse te dien, te eer en te verheerlik.
- Hierdie groep sal onder die jurisdiksie van die Gemeente Raad dien.
Wat is Lofdans en wat beteken dit:
Dans vloei uit ń verhouding met God. ń Mens kan nie die evangelie van God uitdra as jy nie ń persoonlike vehouding met God het nie. Die danse sal gekenmerk word deur die diepte en intimiteit van jou vehouding met God. Wanneer iemand kyk hoe jy dans moet dit hom/haar aanspoor om dieselfde vehouding met God te hê. Die boodskap van die evangelie is eenvoudig, daarom moet die dans ook getuig van eenvoud sodat mense dit kan verstaan en deel daarvan word. Gebruik dit wat jy geleer het en dit wat God jou gee om die boodskap oor te dra. Dit is op die ou einde nie belangrik hoe mooi jy gedans of hoe ingewikkeld die dans was nie, maar watter boodskap jy oorgedra het!
Onthou, die rol van ń lofdanser is om God te aanbid en Sy kinders te dien.
Na ń lofdanskursus in Februarie 2004, gelei deur mev Denise Auth van Welkom, het daar twee groepe ontstaan nl. Lumina vir die volwasse dames o.l.v. Ria Kasselman en DOC’s, o.l.v. Anel Kachelhoffer, nou Richards.
Die eerste optrede was tydens die Paasfees van April 2004 met die tema “kyk na die Lam”. Dit was ń groot deurbraak en baie suksesvol aangebied. Daarna is verskeie optredes in ons gemeente gehou asook by NG Witfield en Weltevredenpark in Randburg.
Weens werkverrigtinge en ander verpligtinge het die groep se getalle gedaal en bestaan die Luminagroep nou slegs uit Coleen Pfeil, Yvonne Mans, Petro Erasmus en Ria Kasselman. Wico Pfeil en Maggie van Rhyn help uit as die vaandels geswaai moet word.
Lumina maak van die geleentheid gebruik om ń uitnodiging te rig aan almal wat geroepe voel om te dans vir Christus, om deel te word van hierdie Lofdansgroep. Kontak asb die Kerkkantoor vir verdure besonderhede.

Lumina kom Dinsdagaande by die kerk bymekaar van 19:00 tot 21:00.
Ons is tans besig om te werk aan die kersprogram en benodig dames om te dans.
Kontak Ria Kasselman 072 630 7063 / 011 896-1961
|