Tuisblad
Gedenkmuur
Wie is Wie
Bedieninge
Admin
Vir Kinders
Aflaai Materiaal
Argief
Kontak Ons

Woordbediening: Musiek


 

MUSIEK BEDIENING van toe af tot nou

Exalto

Sunwardpark Gemeenskapskerk beskik oor ‘n musiekbediening wat die Here wil dien met alles wat hulle het. Die musiekbediening het veral begin groei toe Orreliste Estelle Marais (orreliste vanaf die jaar 2000 - 2011), die taak op haar geneem het om ‘n orkes wat met klawerborde, voorsangers, dromme en kitare speel, op die been te bring! Dié orkes wat gespeel het onder die naam “Exalto”, het vir ses jaar die gemeente gelei in lofprysing en aanbidding!

Exalto het van verskeie musikante in die kerk gebruik gemaak waaronder Estelle Marais, Deon Slabbert, Marleen Pretorius, Marius Naude, Wynand Pohl, Cherryl Knight, Nadine Stolz, Christine Nel, Frans du Plessis, Garry Rothman, Ans Botha, Wynand Botha, Phil Botha en Estelle se seun Stefan Marais!

Estelle en haar man Reon het die musiekbediening ‘n groot hupstoot gegee deur baie tyd, werk, liefde en eie fondse in te sit en sodoende ‘n sterk lofprysing- en aanbiddings bediening in samewerking met die gemeente op die been te bring!

Orrel en Voorsangers

Cecilia Louw & Sanet Linde word as permanente orreliste aangestel vanaf 1 Oktober 2011.

Die voorsangers is tans Andrew Harmse, Ria Kasselman en Leona van der Berg.

Orrel 2011

Marie Potgieter en Marié Landman los soms af as orreliste.

Die Musiekbediening 2011

Na die ontbinding van die orkes Exalto, moes die musiekbediening voortgaan en ‘n nuwe orkes op die been gebring word.

Phil Botha, wat in Exalto kitaar gespeel het, is as Musiek-Koördineerder aangestel.

Met die hulp van ons Hemelse Vader het daar genoeg musikante vir oudisies opgedaag om twee orkeste te begin.

Die orkeste het op hierdie stadium nog nie name nie, maar beskik oor bekwame en bereidwillige musikante.

Phil help met die afrigting en beplanning van die orkeste en met die skryf van hierdie informasie het beide orkeste al dienste gelei, al het hulle skaars drie maande saam geoefen!

Die orkeste speel tans onder die name “A” en orkes “1”.

Orkes “A”

Hierdie orkes bestaan uit die volgende lede:

Sangers: Cecilia Louw, Saritha Hatting, Johan Marx, Carin Venter.

Kitaar: Kobus Venter

Klavier: Cecilia Louw

Klawerbord: Saritha Hattingh

Baskitaar: Phil Botha (tydelik)

Dromme: Erenei Hattingh

Orkes “1”

Sangers: Luan van Zyl, Wynand Pohl, Carla Muller, Karin van der Schyff

Kitaar: Luan van Zyl, Jason Smith

Klavier: Luan van Zyl

Klawerbord: Maria Prinsloo

Baskitaar: Phil Botha

Dromme: Renier Lille

Die Jeug Musiekbediening 2011.

Wynand Botha (het ook in Exalto gespeel) is vanaf 2009 besig met die Musiekbediening se Jeugorkeste.

Wynand is ‘n bekwame dromspeler en klankingenieur en gebruik hierdie kennis om die Jeugorkeste op te lei vir lofprysing en aanbidding.

Die Jeugbediening het ook twee orkeste wat om die beurt speel onder die naam Omega Project.

Die Jeugorkeste het selfs verskeie kere vir die oggenddiens lofprysing en aanbidding ingestaan en word gereeld gebruik vir hierdie taak.

Die langtermyn plan is om Jeugorkeslede in die oggenddiens orkeste in te trek en jong nuwe talent weer in die Jeugbediening te laat dien, sodoende sal die musiekbediening ‘n deurlopende vloei van musikante hê om van te kies.

Omega Project orkes “1” (orkeslede)

Sangers: Shandré van Buuren, Nadia Grobbelaar, Marlene Schalkwyk

Kitaar 1: Renaldo Geldenhuys

Kitaar 2: Jason Smith

Baskitaar: Leith Bowker

Dromme: Erenei Hattingh

Samevatting:

Deur die Musiekbediening kan ons die here loof en prys met talente wat Hy vir ons gegee het, hiervoor is ons opreg dankbaar!

Indien jy hierdie gelees het en voel dat die Here jou geroep het om hom te dien op hierdie manier skakel ons gerus of kom gesels. Dit is heerlik om musiek te speel en dit nog vir ons Koning en die Skepper van die heelal.

Musiek is ‘n deeltjie van die hemel hier op aarde, kom word deel daarvan!!

Groete, Phil 083 751 7931