|
VILLA SIESTA OORD
Voornemende kopers wat belangstel kan vir Christa kontak vir enige navrae en die verkoopsvoorwaardes.
Leef & Leed
Charls Hartman, siek - 084 440 6737
Bennie Graham - 084 959 2541
GEMEENTEFORUM: 13 FEBRUARIE 2012 Om 18:30 in die kinderkerk
Tema “Belhar Belydenis”
Aangesien dit vir ons belangrik is Om Te weet hoe u as lidmaat voel oor gebeurtenisse en besluite in die NG Kerk, gaan ons poog om voortaan een keer per kwartaal ‘n gemeente forum te hou. Elkeen word hartlik uitgenooi Om Te kom deel in die bespreking. Die dokument van die Belhar Belydenis sal later per e-pos uitgestuur word. Daar sal ook in die kerkkantoor ‘n paar harde kopieë beskikbaar wees.
Kowa Pienaar Huis vir Bejaardes
Dit is weer tyd wanneer ons die senior burgers wat oor Kersfees by die ‘huis’ moet bly omdat hul familie hulle nie kan kom haal nie, te bederf. Ons bederf hierdie mensies (ongeveer tagtig van hulle) dan met geskenkies op Kersdag.
Ons het hulp nodig van die gemeente. Daar sal kartonne (boksies) wees wat elkeen kan neem en vol pak en toedraai. Ons sal dit waardeer as tagtig mense elk een boksie sal neem.
Kontak Zelda of Lou Morkel (011)914-5050(W), (011)892-5386(H), 083 271 3742 (Z)
Die leraars is Maandag en Dinsdag op ’n “retreat”.
Kontak vir Christa in ’n noodgeval.
Doopgesprek - neem kennis asb!!
Indien jy voortaan jou kind wil doop is dit belangrik om te registreer by die kerkkantoor vir die geleentheid. Titia sal dan vir jou sê wanner die doopkursus plaasvind. Elkeen wat wil doop móét so ń geleentheid bywoon. Jy kan ook ń kursus bywoon lank voor die doopgeleentheid soos wat dit vir julle gerieflik is.
|