Onderling Sorg: Voedingskema
| |
|
VOEDINGSKEMA en KLEREBANK Koördineerder : Elize Malan-Cameron Werkers: : Patricia Gaga - hulp kok
Etes word aan die volgende skole en kleuterskole verskaf: Villa Liza Kleuterskool: 4 x per week The Arc Kleuterskool: 4 x per week Van Dykpark Laerskool: 1 x per week Elspark Laerskool: 1 x per week SAVF Jabes Day Care: 2 x per week
‘n Week lyk soos volg: Dinsdag: Pasta en hoender Woensdag: Biefstew met groente, rys, stampmielies, mielierys of pap Donderdag: Hoender, groente en stysel Vrydag:: Toebroodjies met bv. Kaas, polonie, bovril, konfyt, grondboontjiebotter,
Etes per 4 week maand - 3660 Sop per Maand - 400
Die meeste disse is eenpot disse met groente klaar by. Ons het gevind dat die kinders groente wat apart is nie eet nie. Toebroodjies word soms “gesnackwich” en is soms net gewoon. Jabes, Villa Liza en The Arc kom haal self die kos af. Dick Vorster lewer af by Van Dykpark en Elspark.
KOSPAKKIES Daar word ook noodpakkies, bestaande uit nie bederfbare produkte, aan mense voorsien. Dit is voldoende vir 4 persone vir 2 weke. Ons besef nou dat die nood baie hoog is en ons het ‘n konstante behoefte aan skenkings van nie-bederfbare produkte.
KLEREBANK Die klerebank is goed aan die gang en word weekliks deur dames van die gemeente instand gehou. Daar is ‘n konstante behoefte vir klere vir mense in nood. Skenkings is altyd welkom.
KONTAKPERSONE Titia (kerkkantoor): 011 896-5024 Christa (gemeente bestuurder): 011 896-3017 Elize Malan-Cameron 082 365 2246 |
|
|
|
|
|
|