Bedienings Hoof: Andre Richards
Kontak No: 084 838 1919
Bedienings Lede: 1) Fransie Groesbeek. 2) Andrew Richards. 3) Leon Sinclair. 4 ) Leoni Fick
E-pos adres: arichards@mtnloaded.co.za of andrer@ghcc.co.za

Getuienis Bediening Aktiwiteite 2009
Ons bediening is gebaseer op Hand.2:8
“Gaan maak dissipels in Judea, Galilia, Samaria en tot aan die uiterstes van die aarde”.
“Judea” is ons gemeente waar die meeste van die energie deur ons predikers, verskeie bedieninge ingaan.
“Galilia” is vir ons, Suid-Afrika, Bybelverspreiding, klein Bybels, Gevangenisbedienig dmv. geestelike verryking en literatuur verspreiding.
“Samaria” is vir ons Afrika waar ons betrokke in Botswana, Mosambiek en Egipte is.
“Die uiterstes van die aarde” is vir ons. Madagaskar, Doulos skip, Geopende deure en ook die volgende:
¨ Mosambiek:
Willem en Carrol Nel werk in Marcia Mosambiek. (160 Km noord van Maputo) Willem, self ‘n predikant, het dertien jaar gelede die Bybelskool “Volta A Biblia” daar begin met niks behalwe berge geloof.
Tot datum is meer as vierhonderd studente opgelei in drie-maande, een jaar en drie-jaar kursusse.
Laasgenoemde is evangeliste wat dan self in nuwe of bestaande gemeentes gaan werk. Sunwardpark Gemeenskapskerk ondersteun ses studente daar.
Ons besoek hulle jaarliks en is tans besig om, met ‘n ander gemeente ‘n kerk daar te bou.
¨ Xanagas (Ghanzi Distrik in Botswana):
Gawie en Dina Joubert is al ongeveer twee en twintig jaar werksaam in Xanagas, New Xanagas en omgewing.
Sy bediening is hoofsaaklik onder die boesmans.
Sy “glory lorry” is ‘n bekende gesig in die omgewing.
Al is daar nie groot kerkstrukture te sien nie, is reuse werk vir God se koningkryk oor die jare daar gedoen.
¨ Egipte:
Egipte het van ons mense aangegryp en dis nou reeds die derde jaar wat van ons mense daar besoek gaan aflę, hierdie keer vir drie maande.
Voorspoed en seën word aan Franci Groesbeeck toegewens.
Besoeke van christene word daar baie waardeer.
¨ Madagaskar:
Jaco en Ilke Struwig werk in Madagaskar.
Jaco is reeds twaalf jaar daar.
Albei hou drie dae per week skool om inkomste te genereer.
Jaco bestuur en gee lesings in die Bybelskool daar en bedien in die omgewing.
Sunwardpark besoek hulle jaarliks.
Sy vrou, Ilke bestuur ook ‘n “wellness centre” wat kos en basiese mediese dienste verskaf aan die armes.
¨ Operasie Mobilisasie:
O.M. - Operasie Mobilisasie is die bediening wat met ‘n skip van hawe tot hawe vaar en waar hulle anker gooi, word boeke verkoop en die Woord bedien.
Riana van der Berg van ons gemeente is op die skip werksaam.
Ons is baie trots op haar.
¨ Geopende Deure:
Geopende Deure lę ook baie na aan ons harte en Sunwardpark ondersteun hulle.
Besoek gerus hulle webtuiste by www.opendoors.com.
¨ Gevangenis:
Oom Theuns Hanekom werk drie dae per week in die Boksburg gevangenis.
Daar spreek hy groepe toe, praat geestelike sake en laat hul Bybel kursusse doen wat hy grootliks self geskryf het.
Die boekies word dan gemerk en terugvoering word gegee.
¨ Bybelverspreiding:
Bybelverspreiding word deur Leoni Fick gekoordineer.
Sy het groot ‘n passie daarvoor.
Sunwardpark het ‘n maandelikse begroting vir Bybelversprieding.
Leoni kry ook bydraes van individue.
Versoeke vir Bybels kom van letterlik “heinde en verre” maar daar is altyd geld om te voorsien aan die vraag.
Klein Bybels word deur Phil en sy orkes “He-and-us” versprei.
Tot datum is reeds meer as sestienduisend klein Bybeltjies versprei oral waar hulle optredes het.
¨ Christelike literatuur:
Uitgee van christelike literatuur word ook van tyd tot tyd deur Pierre en sy span, jongmense in ons omgewing gedoen.