


ONDERLINGESORG
VOEDINGSKEMA en KLEREBANK
Koördineerder : Franci Groesbeek
Werkers: : Patricia Gaga - hulpkok
: Vakant - assistant
Etes word aan die volgende skole en kleuterskole verskaf:
Villa Liza Kleuterskool : 4 x per week
The Arc Kleuterskool : 4 x per week
Van Dyk Park Laerskool : 1 x per week
Elspark Laerskool : 1 x per week
SAVF Jabes Day Care : 2 x per week
‘n Week lyk soos volg:
Dinsdag : Pasta en hoender
Woensdag : Biefstew met groente, rys, stampmielies, mielierys of pap
Donderdag : Hoender, groente en stysel
Vrydag: : Toebroodjies met bv. Kaas, polonie, bovril, konfyt, grondboontjiebotter,
Etes per 4 week maand - 3660
Sop per Maand - 400
Die meeste disse is eenpot disse met groente klaar by.
Ons het gevind dat die kinders groente wat apart is nie eet nie.
Toebroodjies word soms “gesnackwich” en is soms net gewoon.
Ons ontvang 40 brode per week vanaf Caltex Garage.
Jabes, Villa Liza en The Arc kom haal self die kos af.
Dick Vorster lewer af by Van Dyk Park en Elspark.
KOSPAKKIES
Daar word ook noodpakkies, bestaande uit nie bederfbare produkte, aan mense voorsien.
Dit is voldoende vir 4 persone vir 2 weke.
Ons besef nou dat die nood baie hoog is en ons het ‘n konstante behoefte aan skenkings van
nie-bederfbare produkte.
KLEREBANK
Die klerebank is goed aan die gang en word weekliks deur dames van die gemeente instandgehou.
Daar is ‘n konstante behoefte vir klere vir mense in nood.
Skenkings is altyd welkom.
KONTAKPERSONE
Franci 083 659 9062
Titia (kerkkantoor) : 011 896-5024
Christa (Gemeentebestuurder) : 011 896-3017