

{R}evolusie is: 'n Journeydriven jeugbediening vir jongmense deur jongmense...
Dis 'n mondvol...
Wat dit basies beteken is dat ons jongmense wil bedien by ons tuisgemeente, Sunwardpark Gemeenskapskerk, deur saam met mekaar te journey... En DIT is revolusioner.
Meeste mense dink tieners is simpel, planloos en ongeskik... Ons begin met die standpunt dat God in elkeen se lewe behind the scenes besig is, selfs al sien jy dit nie. Dit beteken nie dat ons maak asof ons al die antwoorde het nie, maar dat ons saam wil journey en bymekaar nuwe dinge van God leer.
Revolusionere manier om mekaar te bedien...
Evolusionere manier om te groei... Nie daardie stagnerende tipe Bybelstudies waar almal net hul eie opinies wil lig nie, maar effektief mekaar help deur respek te he vir mekaar en die hele wereld.
'n Revolusionere manier om jou geloof uit te leef. Waar geloof nie 'n ver-af idee is van 'n God wat straf nie, maar 'n close God wat jou geloof laat oorgaan tot dade... Dade van liefde
Die kerk is nie 'n hospitaal nie, dit is 'n baken van lig vir 'n gebroke wereld, waar jy leer en groei sodat jy in liefde kan doen en God toelaat om gesond te maak!
Dus... Wil ons hierdie Christelike revolusie in elke deel van Sunwardpark en Boksburg se gemeenskap inneem.
Deur... op elke moontlike vlak 'n revolusie te begin!!
As jy 'n touchrugby revolusie wil begin... Dan doen ons dit saam!
As jy 'n skinny-jeans revolusie wil begin... Dan doen ons dit saam!
As jy 'n Bybelstudie revolusie wil begin... Dan doen ons dit saam!
As jy 'n Metal-revolusie wil begin... Dan doen ons dit saam!
Want God is 'n betrokke God wat mense nie net "bat" om dinge op hul eie te doen nie. Neeeee, Hy is betrokke! Daar waar jy nou sit en lees loer Hy oor jou skouer toe...
Saam kan ons enige revolusie begin wat inlyn is met God se Woord
Mag God jou seen en jou lei tot op 'n plek waar jy besef dat Hy die revolusionere God is van die revolusionere faith op aarde...
Mag jy jou geloof revolusionre uitleef tot eer en verheerliking van Sy naam...
Bediening Inligting
Hoof: Jaco Botha 082 927 2890
Jeugleier: Gerrit Visser 082 737 9880
I.T./Klank: Johan Mostert 073 171 6059
Docs: Anel 082 567 6912
Kategese: Anita 084 722 2444
Die Revolusie diens:
Elke Sondag aand in die kwartaal net na die Sondagskool van 18:30-19:30.
Katties kamp:
Die kamp is vir finalejaars en is van die 27ste Jun. Tot die 3de Jul. By die Woord en aksie kampterein in Pta. As jy ‘n span of groepleier wil wees... kontak net vir Angela by 072 671 6787.
Angellous:
Jongmense wat bedien deur enige styl van musiek te gebruik om God se naam te verheerlik.