Liewe Vrou
Ek het jou lief net soos jy is.
Kom na my toe en vertel my van al jou vrouwees-stoei, jou besig wees en al die eise wat jou lewe soms onmoontlik maak.
Praat maar met My. Ek luister en verstaan.
Jy is vir My kosbaar.
Daarom wil Ek jou graag vertel hoe lyk die besteweivelde vir jou. (Nie dit wat die wêreld van jou verwag nie.)
Ek sal jou help swem in jou stroomversnellende lewe, jou selfs lei na vredevolle waters.
Want Ek weet hoe moeg jy is.
Daarom sal Ek elke dag vir jou 'n
nuwe stuk krag gee vir die dag.
Leef maar net 24 uur op 'n slag.
Môre sal Ek jou weer versterk.
Boonop sal Ek jou help om die regte paaie te loop.
Jy hoef nie jou lewe alleen te kompas nie.
Ek is immers die ewige Navigeerder.
Daarom sal Ek jou ook in die donker van jou lewe lei.
Wanneer jy bang en onseker jou weg moet vind of die
lewe vir jou nag voel, is Ek by jou, langs jou en voor jou.
Gee My jou hand dat Ek jou veilig kan lei.
Ek nooi jou ook om jou lewe met My te deel.
Want dan sal jy niks kortkom nie, omdat Ek in al jou behoeftes sal voorsien. Inteendeel, in my huis sal Ek jou oorlaai met onbeperkte goedheid en liefde.
Kom na My toe, liewe vrou. Net soos jy is.
Ek wil graag jou Herder wees.
Hemelsliefde en seën.
Jou Vader

TEMA vir 2011 “Laat almal weet dat Jesus die Koning is!”
AGTERGROND
Gestig die begin van 2009. Word genoem Shema Shamar Vrouebediening - Vroue wat hoor en doen wat die Here se wil is.
ONS DROOM
Wil vroue binne en buite ons gemeente dien, hulle inspireer tot geestelike groei en samesyn en ondersteuning bewerkstellig.
Tema vir 2011 “Laat almal weet dat Jesus die Koning is!”
BEDIENINGSPAN
Huidiglik 9 lede wat dien op die bediening. Laurentia Truter (083 274 7402) is die bedieningshoof.
BEDIENINGSAREAS
·Toerusting
Sprekers oor aktuele sake, Sondag prediking
·Gebedsgeleenthede
Bv Vrouedag en Internasionale Biddag vir Vroue
·Kuiergeleenthede
Skep & Klets
·Getuienis
Praise and worship, Vroue sendelinge, Jaarliks funksie saam met Geopende Deure
·Kommunikasie
Gee Vroueblad uit 3 keer per jaar; Wil Vroue databasis daarstel; Beplan gebedsbrief vir 2011
2011 JAARPROGRAM
25-27 Februarie - Vrouekamp - Shekinah Kampterrein
17 April - Damestee Spreker sal bevestig word
25 Junie - Skep & Klets Kreatiwiteits- en kuieroggend
3 September - Vroue van die Vervolgde Kerk Saam met Geopende Deure
12 November - Kuieraand Saam met die sanger Joe Niemand
