|
Welkom by Sunwardpark Gemeenskapskerk se webtuiste
|
'n Vers 'n dag
. Luister weer na sy woorde in 2 Korintiërs 12:7-9: “Daarom, sodat ek nie hoogmoedig sou wees nie, is daar vir my ’n doring in die vlees gegee, ’n boodskapper van Satan om my met vuiste te slaan. Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. Sy antwoord was: ‘My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.’” |
|

Ons volgende kuier is 23 Maart 2012 by die kerk |
|

Die Betekenis van ons Logo
- 3 Kruise – Christus verteenwoordig die kruis in die middel.
- 2 Kruise aan die kant verteenwoordig die misdadigers aan die kruis langs Jesus:
- 1ste misdadiger (regs) het Jesus erken as Here en is deur Christus gered.
- 2e misdadiger (links) het Jesus verwerp, maar steeds hou Jesus se liefde hom vas.
- Ons lewens word ook deur die Here Jesus vasgehou – dié wat alreeds aan Hom behoort en húlle wat Hom nog nie ken nie (dit is ons Kerk se taak om hulle te bereik).
- Son – Die Lig van God in ons lewe, asook die Sun (son) van Sunward Park.
- Kleure: Son – Oranje-geel: God se lig
- Groen basis: Groei Na Die Here, mekaar & Ander.
- Gemeenskap kerk – Ons wil graag alle gemeenskappe bereik insluitend ons eie.
- Roeping: “‘n Bybelse gemeenskap…… passievol vir God Drie-enig en alle mense”
– Beteken: Ons groei is nog op pad en strewe Om soos Christus te wees. |
HERE, wat wil U hê moet ons doen? Waarvoor wil U hê moet ons as gemeente voor staan?
In 2004 gaan kuier ons by die Here se voete en gaan hoor wat Hy vir ons gemeente wil hê. ‘n Gemeenskapskerk word gebore waar ons besef ons bestaan nie net vir ons gemeentelede nie, maar vir almal om ons en dat ons as gemeente ‘n verskil in ons daaglikse lewenswêreld moet en wil maak.
Ons vestig ons 6 “Gs” met hulle stawende teksverse as volg:
GROEI -
2 Petrus 3: 18 “Sorg liewer dat julle steeds groei in die onverdiende goedheid en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus.”
GEE –
2 Korintiërs 8: 5 “…eers het hulle hulleself aan die Here gegee, en toe aan ons sodat hulle kon optree volgens die wil van God.”
GAAN –
“Matteus 28: 9 – 10 Gaan dan, maak al die nasies my dissipels en doop hulle in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle opgedra het...”
GAWES –
Romeine 12: 6 – 8 “Ons het gawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. Ons moet hierdie vermoëns reg gebruik…”
GROEPE –
Handelinge 2: 46 “Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaar gekom en van huis tot huis die maaltyd van die Here gevier…”
GENADE –
Efesiërs 2: 8- 10 “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ’n gawe van God…”
Vir die volgende paar jaar dien elk van die bogenoemde “Gs” as ‘n jaartema. Verskillende bedieninge ontstaan in hierdie tyd en groei met die seën van ons Here.
Tydens 2010 en 2011 gaan ons as gemeenteraad en gemeente weer voor die Here staan om te besin waarheen ons oppad is. Ons bevestig God se droom vir ons gemeenskapskerk. Ons besef weer die noodsaaklikheid dat GEBED die fondament moet vorm van alles wat ons doen en is. Die Heilige Gees bevestig die 6 “Gs” en dat dit ons steunpilare moet bly. Alles gaan oor God Drie-enig se eer en heerlikheid.
Die eindresultaat?
Ons nuwe roeping stelling: ‘n Bybelse Gemeenskap… Passievol vir God Drie-enig en alle mense.
In 2012 vra ons elkeen: ”Here, waar kan ek U en alle mense met passie dien?”
Sunward park Gemeenskap kerk is ‘n gemeente wat graag ‘n Bybelse gemeenskap wil wees. Dit beteken dat alles wat ons doen een fokus sal hê en dit is Jesus ons Here. Ons is ‘n verhoudings kerk waar my verhouding met God prioriteit is en my verhouding met my broers en susters in die gemeente net so belangrik is.
Ons wil graag vir elkeen die geleentheid bied Om sy of haar gawes en talente uit Te leef en daardeur God Te verheerlik. Elkeen is belangrik, daarom vra ons jou dat soos jy deur hierdie blaadjie gaan en jy sien ‘n plekkie waar jy graag wil dien, meld asseblief aan. Ons wil nie dat iemand uit moet voel nie en voel hulle aandeel is nie belangrik nie. Jy is vir ons belangrik.
Ons wil graag by jou betrokke wees in tye van voor-en teenspoed. Kontak ons enige tyd wanneer jy ons nodig het. Ons wil daar wees vir jou.
Mag jou deel wees van hierdie gemeente vir jou ‘n verrykende ervaring wees. Mag jy hier ‘n geestelike tuiste vind waar jy kan groei in jou verhouding met God.

Algemene Program vir die week
| Woensdae |
05:45 Manne-Bediening 09:00 Vroue- Bediening |
| Donderdae |
19:00 Woordskool 18:00 D.O.C's |
| Vrydae |
06:00 Biduur |
| Sondag Oggend |
08:00 Diens 09:30 Diens 09:30 Kinderkerk 09:30 Kleuterkerk |
| Sondag Aand |
18:30 Revolusie 18:30 Kuierkerk | |